Ontmoet die Span

Ons span werk met liefde en toewyding om Huis Hebron se inwoners ’n veilige, waardige en hoopvolle toekoms te bied.

“Hebron Huis vir Haweloses beteken: plek van verbond, vergaderplek, plek van verbinding.

God het ‘n verbond met ons gesluit en onderneem om by hierdie vergaderplek vir ons te sorg. Daar heers ‘n heerlike plaasatmosfeer op Hebron, waar almal stil kan raak en na God se stem kan luister.”

Gretha le Roux

Gretha le Roux

Gretha is die stigter en Voorsitter van Huis Hebron.

In Junie 2003 het sy, gelei deur ’n visie wat die Here reeds twee jaar tevore, in 2001, op haar hart gelê het, Hebron in die lewe geroep om ’n veilige tuiste vir haweloses en kwesbares te skep.

Sederdien dien sy as Direkteur, Finansiële Hoof en Raadslid, en is aktief betrokke by sowel die Godsdiens- as die Dissiplinêre Komitee.  Gretha bestuur ook die donasiewinkel.

Fanie le Roux

Fanie le Roux

Fanie is Mede-Voorsitter, Direkteur en Raadslid.
Hy dien ook op die Godsdienskomitee.

Marius Le Roux Snr.

Marius Le Roux Snr.

Marius is ‘n Raadslid, Terreinbestuurder en Toesighouer oor die Boerdery Sake.

Annelize Liebenberg

Annelize Liebenberg

Annelize is ’n Direkteur, Raadslid en een van die Finansiële Hoofde.
Sy is ook deel van die Godsdienskomitee.

Pierre van den Berg

Pierre van den Berg

Pierre is die Pastoor van Huis Hebron.
Sy pligte sluit in die verkondiging van die Evangelie, Bybelstudie, Berading en Bevryding. Pierre dien ook op die Dissiplinêre Komitee.

Isabel Naude

Isabel Naude

Isabel is ’n Direkteur, Raadslid, en Administratiewe Bestuurder.
Sy hanteer ook die bemarking en is in noue kontake met donateurs.

Marlene van Rensburg

Marlene van Rensburg

Marlene is ‘n Direkteure en Raadslid.
Sy is verantwoordelik vir die webblad en sien toe dat sosiale media bestuur word.

Gerhard Rivers

Gerhard Rivers

Gerhard is ’n Raadslid en projek bestuurder. Saam met sy eggenoot is hy verantwoordelik vir die welsyn van die inwoners en die bestuur van die daaglikse take, logistiek en opnameprosesse. Hy dien ook op die Dissiplinêre Komitee.

Hanelie Rivers

Hanelie Rivers

Hanelie is ’n Raadslid en projek bestuurder. Saam met haar eggenoot is sy verantwoordelik vir die welsyn van die inwoners en die bestuur van die daaglikse take, logistiek en opnameprosesse. Sy dien ook op die Dissiplinêre Komitee.

Katryn Donsignore

Katryn Donsignore

Katryn is Raadslid , Administratiewe Assistent en Hulp-Toesighouer oor die netheid van inwoners en kamers.

Marius Terblanche

Marius Terblanche

Marius is ‘n Raadslid en help met Bemarking en Projekte.

Marius Le Roux Jnr.

Marius Le Roux Jnr.

Marius hanteer die pensioene en doen die uitbetalings uit Hebron se bankrekening. Hy doen ook die aankope en beheer Hebron se snoepie.

Riaan Le Roux

Riaan Le Roux

Riaan is verantwoordelik vir sosiale media bestuur.  Hy is ook ‘n hulp by Hebron se snoepie.

Hannes Lotz

Hannes Lotz

Hannes is verantwoordelik vir alle mediese welsyn – van die beheer van medikasie, die skakeling met inwoners, klinieke en hospitale, tot die logistiek na verskillende hospitale en klinieke.

Koekie Kleinhans

Koekie Kleinhans

Koekie bestuur die kombuis, maaltye en eetsaal met die ondersteuning van haar kombuispersoneel.