Ons Projekte

Hierdie projekte wys hoe Huis Hebron deur selfdoen, harde werk en gemeenskapsondersteuning ’n verskil maak in die lewens van ons inwoners.

Tonnels & Groentetuine

By Hebron is ons groentetuine en tonnels ’n bron van groot trots. Dit maak ons volhoubaar en voorsien daagliks vars produkte vir gebalanseerde etes vir ons inwoners. Tydens oes deel ons ook graag met ander, soos die ouetehuise in Potchefstroom. Ons manlike inwoners werk daagliks in die tuine en is baie trots op die groei en netheid daarvan. Dit verg harde werk en toewyding elke dag.

Varkboerdery

Ons varkprojek is klein, maar belangrik. Ons koop jong varkies aan en versorg hulle totdat hulle groot genoeg is. Een keer per maand word ’n vark geslag om vleis vir ons inwoners te voorsien. Hierdie projek help ons om kosvoorsiening meer bekostigbaar te maak.

Mediese sorg

 

Vervoer en Logistiek

Huis Hebron beskik oor ’n 12-sitplek Nissan-minibus waarmee inwoners na hospitale en klinieke vervoer word. Twee gelisensieerde bestuurders met PDP-lisensies sorg dat hierdie diens veilig en betroubaar funksioneer.