Raak Betokke
Saam kan ons armoede, honger en trauma help verlig en vir die weerloses ’n plek skep waar hulle liefde, sorg en hoop ervaar.Raak Betrokke
Sluit by ons aan by enige geleentheid!
Huis Hebron is ’n geregistreerde Nie-Winsgewende Maatskappy (NPC) wat geen ondersteuning van die staat ontvang nie. Ons missie is om ’n veilige en liefdevolle tuiste te bied aan sowat 120 van die mees kwesbare mense in ons gemeenskap bejaardes, gestremdes, haweloses, verslaafdes ná rehabilitasie en diegene wat deur trauma en armoede geraak is.
Elke persoon wat by ons aankom het ’n unieke verhaal… sommige het hul huise verloor, ander kan nie meer op hul gesinne staatmaak nie, en baie het eenvoudig nêrens anders om heen te gaan nie. Jou betrokkenheid kan help om nuwe hoop, waardigheid en ’n toekoms vir hulle te skep.
Finansiële bydraes
Gebed
Vrywilligerswerk
Besoeke
Skenking
Finansiële bydraes
Geen donasie is te groot of te klein nie – elke rand maak ’n verskil. Met jou ondersteuning kan ons kos, klere, skuiling, vervoer na hospitale en klinieke, asook berading en geestelike leiding voorsien.
Bankbesonderhede
- ABSA Bank
- Rekeningnommer: 4057368904
- Tak-kode: 632005 (Potchefstroom)
Goedere-skenkings
Ons benodig deurlopend:
- Voedsel en klere
- Tuinwerktuie, kruiwaens, slange
- Boumateriaal: sement, stene, sand, verf, teëls, matte, rame en deure
- Basiese huishoudelike benodigdhede
Indien nodig kan ons reël om skenkings by jou te kom afhaal.
Besoek en Vrywilligerswerk
Ons nooi jou graag uit om Huis Hebron self te kom besoek. Beleef eerstehands die werk wat ons doen en sien hoe jou bydrae ’n tasbare verskil maak. Daar is ook geleenthede vir vrywilligers om hul tyd en vaardighede met ons inwoners te deel.